Russiese vuurpyl ontplof


‘n Proton-M Russiese vuurpyl het tydens die lansering daarvan in Baikonoer, Kazakstan neergestort en ’n hewige ontploffing veroorsaak..

Die ontploffing is deur die Russiese ruimte-agentskap bevestig.

Die Proton-M se vuurpyl-draer het op die lanseerarea neergestort en onmiddellik ontplof.
Alhoewel dit ’n onbemande tuig washet dit drie kosbare navigasie satelliete aan boord gehad.

Geen beserings is veroorsaak of aangemeld nie.