Rusland stel ’n voorbeeld


Rusland se president, Vladimir Putin, het ‘n wetsontwerp bekragtig waarin bepaal word dat gay- en lesbiese mense verbied word om kinders van Rusland aan te neem.

Dié wet is een van ‘n reeks maatreëls wat die Russiese regering die afgelope weke aanvaar het om te verseker dat Russies gebore kinders behoorlike opvoeding in ’n normale huiskring sal geniet.

Die Kremlin het in ‘n verklaring gesê die “wet is daarop gemik op ‘n waarborg van ‘n harmonieuse en volledige toekoms vir kinders in aangenome families”.

Ongetroude individue wat in lande woon waar huwelike van dieselfde geslag wettig is, word ook deur die wet verbied om Russiese kinders aan te neem..

Foto – Russiese jeug met volksdanse besig