Rugby-afrigter dalk verlam.


‘n Bolandse rugby-afrigter, Arnoux Viviers (27) sal moontlik verlam wees, nadat hy van ‘n olifant afgeval het en twee werwels gebreek het.

Die ongeluk het gebeur toe Viviers saam met sy vrou, Suné, by die Buffelsdrift-wildplaas buite Oudtshoorn op ‘n olifant gery het en sowat 4 m van die dier se rug afgeval het. Die egpaar is in Maart getroud.

Viviers kan nie onthou wat gebeur het nie en daar word vermoed dat hy flou geword het. Wetenskaplik is hy nou verlam, maar daar is hoop. Die twee gebreekte werwels is weer in lyn gebring en stabiel gemaak. Die dokters get ook bevind dat sy rugmurg beseer is, maar nie gebreek is nie.