RSA studente leef weelderig in Kuba


Dit is hoofsaaklik swart studente uit Suid-Afrika wat medies studeer in Kuba en hulle regeringsubsidie aanwend vir ’n uitspattige lewenstyl.
Dit is die uitspraak van dr. Gwen Ramokgopa, Adjunkminister van Gesondheid.
“Ons Suid-Afrikaanse mediese studente in Kuba is bekend vir hul uitermatige beeld van welgesteldheid en die dra van klere en toerusting van duur handelsmerke,” het Ramokgopa gesê.

Vroeg in die jaar is ses van die 187 Suid-Afrikaanse studente in Kuba, wat op ’n hongerstaking gegaan het, deur die Minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, teruggeroep.

Al187 was op ’n hongerstaking oor eise vir verhoging van hulle toelae waarmee hulle blykbaar nie kon uitkom nie.

Die regering het versoek dat die studente die staking moet ebeindig. Ses het geweier en is terug geroep en die ander het gehoor gegee aan die oproep.

Die student kry maandeliks R2, 000 en is net vir persoonlike artikels soos toiletware en klerasie. Alle ander koste word gesubsidieer.