RSA se slimkop beste ter wereld


Die jong Ingenieur student, Kurt Coetzer van Stellenbosch, het aanvanklik die beste punte in die land vir wiskunde en geografie gekry, maar nou het die eerstejaartjie gehoor hy is die wêreld se beste wiskunde student.

Kurt studeer aan die Universiteit Stellenbosch (US), en het eers ’n paar weke gelede verneem hy het 100% in wiskunde behaal met die Cambridge-eksamen waaraan hy deelgeneem het verlede jaar as matrikulant.

Hy was verlede jaar ’n leerling by die Bay College, ’n klein “satelliet” Cambridge Internasionale Skool op Plettenbergbaai wat van die “Cambridge International General Certificate of Secondary Education” (IGCSE)-leerplan, sowel as die “Cambridge Advanced Subsidiary” (AS) Level-leerplan gebruik maak.

“Alle Cambridge-eksamens word in die buiteland opgestel waarna dit oor die hele wêreld heen versprei word om as eksamen afgelê te word.

In 2010 het die jong Kurt die IGCSE-eksamen afgelê en die beste punte in die land gekry vir wiskunde (99%) en geografie (100%).

In 2011 het hy die hoogste punt in die land vir inligtingstegnologie (90%) behaal.