Rowers se duur les


Manne, wat is die les wat jy leer uit ’n rooftog?
Eerstens moet jy seker maak of daar genoeg geld in die kasregister is voordat jy toeslaan.
Les twee is dat jy moet seker maak wat jou ontsnaproete gaan wees, en daarvoor moet ’n GPS gebruik word.

Dit is waarskynlik die lesse wat twee rowers in Port Elizabeth geleer het.

Hulle het die winkel ingestorm, ’n pistool rondgeswaai en die kasregister gegryp en laat spaander.

Met hulle voertuig wat gestaan en luier het, vlieg hulle daar weg, beland in ’n doodloopstraat en moet noodgedwonge omdraai.

Toe is die veiligheidsmanne en die polisie op hulle spoor, maar in die haas om te vlug, beland hulle voertuig in ’n spruit toe hulle die brug misgery het.

By nadere ondersoek was daar slegs ’n paar Rand in die kasregister.