Renoster-sindikaat oopgevlek


In die Tsjeggiese Republiek is ’n sindikaat vasgetrap wat blykbaar mense betaal het om renosterhorings uit Suid-Afrika aan hulle te besorg.

Doeanebeamptes sê hulle het in die loop van ’n ondersoek oor ’n tydperk van twee jaar op die Praagse lughawe beslag gelê op
24 renosterhorings. met ’n swartmark waarde wat op sowat R40 miljoen beraam word.

Die beamptes het glo nie minder nie as 15 mense gevang wat betrokke is by die sindikaat. Hulle was verantwoordelik om die horings glo na Asiatiese markte te smokkel.
Die groep het blykbaar jagters uit die Tsjeggiese Republiek betaal om in Suid-Afrika op jagtogte te gaan onder die dekmantel asof toeriste wat die horings as trofeë huis toe wil neem.