R8,3 miljoeneis teen Padongelukkefonds.


‘n Voormalige OFM-omroeper, Irene Fischer (30), wat ernstige kop- en breinbeserings opgedoen het in ‘n motorongeluk, het ‘n eis van R8,3 miljoen teen die Padongelukkefonds ingestel.

Fischer het blywende breinskade opgedoen na ‘n motorongeluk in die vroeë ure in Bloemfontein. Die bestuurder van ‘n vragmotor het vermoedelik ‘n rooi lig verontagsaam. Sy het daagliks verkeerswenke op twee van OFM se programme gegee.

Die ongeluk het haar ‘n hemipleeg gelaat.

Op versoek van haar pa, Ignatius Fischer, by wie Irene tans woon, het die Vrystaatse Hooggeregshof ‘n curator ad litem vir Irene aangestel om haar belange met die eis namens haar te hanteer.