R34 miljoen skep werk vir 51 mense.


Die geld wat Khanyi Dhlomo van die Nasionale Bemagtigingsfonds ontvang het om ‘n luukse boetiek, Luminance, in Hyde Park oop te maak, is wettig.

So het Dhlomo haarself verdedig na aanleiding van vrae wat gevra word oor hoekom ‘n sakevrou wat reeds ‘n miljoener is, deur ‘n afdeling van die Departement van Handel en Nywerheid gehelp moet word.

Dhlomo het haar verdedig teen aanvalle uit die geledere van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) wat gesê het dat die “boetiek is ‘n duur en elitist winkel.” Die boetiek dra handelsmerke van Giorgio Armani, Oscar de la Renta, Tom Ford en Alexander McQueen.

Sy hou vol dat die regte stappe gevolg is en dat die ooreenkoms 100% integriteit het. Sy het ook gesê dat hulle reeds 51 mense in diens geneem het en nog werkgeleenthede indirek geskep het.

Dhlomo is die grootbaas van Ndalo Media – ‘n gesamentlike projek met Media 24, die uitgewersarm van Naspers. Sy sê syself, haar ma en dr. Judy Dlamini het gesamentlik R15 miljoen van hulle eie geld in die besigheid belê.