Putin swig onder druk


Die Russiese president, Vladimir Putin, het blykbaar onder druk van die VSA geswig en die voormalige agent van die VSA se Nasionale Veiligheidsagentskap, Edward Snowden, versoek om sy gebruik om Amerikaanse geheime uit te lek, te stop.

Putin het gesê die gebruik moet gestaak word indien Snowden in Rusland wil aanbly.

Putin het egter ook te kenne gegee dat Moskou nie mense uitlewer aan ander lande nie, en is ook nie van plan om dit nou met Snowden te doen nie.

Snowden het ’n sielkundige voorsprong ontwikkel deur van die geheime optrede van die Obama-regering stuk-stuk vry te stel wat al groter spanning tussen Europa en die VSA veroorsaak.
Foto- Snowden