Polisie vuur skokgranate teen Obama protesteerders.


Die Suid-Afrikaanse Polisie het skokgranate gevuur teen honderde wat Saterdag teen die VSA se
President Barack Obama se besoek aan Suid-Afrika geprotesteer het.

Drie harde plofslae is gehoor terwyl die polisie gepoog het om die woedende protesteerders te verjaag.

Obama se besoek aan die land het onenigheid veroorsaak tussen ‘n koalisie van werkersunies en linkse politieke organisasies wat ‘n “nasionale aksiedag” beplan het om met sy besoek saam te val.

Die groep het aangedui dat hulle sinies is oor die Amerikaanse buitelandse beleggingsbeleid en dat na hulle mening het Obama geen bydrae tot Suid-Afrika gelewer nie, maar slegs voortgegaan met die implementering van die gewone Anerikaanse buitelandse beleid wat hulle gehoop het hy tot ‘n einde sou bring.