Plakkers saai verwoesting


Inwoners van die Du Noon plakkerskamp naby Milnerton in die Wes-Kaap het verlede Vrydag chaos veroorsaak tydens ’n betoging oor dienslewering.

’n Ooggetuie het aan Die Vryburger gesê dat daar minstens 3,500 oproeriges aan die betoging oor swak dienslewering deelgeneem het.

Talle plakkers se kaias is aan die brand gesteek en verbygaande voertuie op die N7-snalweg is onder die klippe gesteek.

Inwoners kla glo oor swak dienslewering van die munisipaliteit van Kaapstad waar die DA die septer swaai.
Wetstoepassers was teen Vrydag steeds besig met opruimingswerk in Koebergweg.

Die polisie was genoodsaak om skok¬-granate te gebruik om die gillende oproeriges uiteen te jaag.