Pippie weer in hospitaal.


Pippie Kruger is in die Sandtonse Mediclinic opgeneem weens longontsteking.

Volgens haar ma sal Pippie binne die volgende paar dae ontslaan word. Hoewel sy glimlag sal jy nie regtig weet hoe sy voel nie, want sy wys nie as pyn het nie, sê haar ma, Anice.

Vir Pippie se pa, Erwin is dit baie erg dat hy nie by sy dogter kan wees nie. Anice en Pippie woon sedert Pippie se veloorplanting verlede jaar, in ‘n woonstel in Johannesburg.

As alles goed gaan, hoop hulle om teen einde September weer as gesin saam in Ellisras te bly.