Pippie-fonds droog op


Die skenkings vir die “Pippie-fonds” het effens opgedroog. Daar is nie genoeg geld in die Fonds om vanjaar se beplande veloorplantings te doen nie.

Die inligting is deur Pippie se moeder, mev Anice Kruger bekend gemaak.

Weldoeners het etlike miljoene Rand inbetaal op die rekening wat deur Pippie se ouers beheer word.

Mev. Kruger sê dat mense skrikkerig is om geld te skenk as hulle nie baie seker is wat daarmee gedoen word nie.

Die Fonds se oprigtingsakte dui dit aan as ’n nie-winsgewende organisasie wat ten doel het om brand-slagoffers finansieel behulpsaam te wees.

Die hulp wat aan nog ’n brandslagoffer verleen is, het veroorsaak dat Pippie nie ’n volgende behandeling kan kry nie weens ’n tekort aan geld.

Pippie was opgeneem in die hospitaal weens longontsteking, maar is intussen weer ontslaan.