Pikkewyn word ma


’n Pikkewyn wat geveg het om te bly leef nadat ’n motor “hom” raak gery het, is nou ’n moedertjie.

Die Pikkewyn, wat Beak gedoop is deur haar weldoeners, is verlede jaar naby Boulders-strand in Kaapstad raak gery en later na die Nasionale Dieretuin in Pretoria geneem.

Daar het sy ’n nuwe onderkaak gekry en uiteindelik vriende gemaak met Treasure.

Tracy Shaw, pikkewyn bewaarder by die Pretoria-dieretuin, sê hulle het eers in Mei agter gekom dat Beak ’n wyfie is toe hulle een oggend die spierwit eier sien.

Die twee het groot vriende geword en begin om ’n nes saam te bou. Beak het ’n tweede eier gelê, maar in ’n verkeerde nes. Die paartjie was aanvanklik dom met die hele nesbouery. Toe Shaw vir hulle roosmaryn takkies aandra, het hulle gou die nes mooi gemaak. Albei het op die eiers gesit.

Onlangs het die eier uitgebroei. Die ouerpaar is nie bietjie trots op die wollerige kleinding nie.
.