Petrolprys op nuwe rekord


Die brandstofprys word op 3 Julie 2013 verhoog wat sal meebring dat dit die hoogste prys ooit in Suid-Afrika is. Petrol vir 95 Oktaan word verhoog met 84 sent/liter en sal teen R13,23 per liter beskikbaar wees en teen R12,86 by die kus. Die prys van 93-oktaan petrol is ook met 84c per liter verhoog en die pompprys sal 13,00 per liter wees. Die prys vir ‘n liter diesel sal R12,15 wees, wat ‘n verhoging van 78c per liter is.

Die grootste rede vir die drastiese brandstofverhoging is die swak Suid-Afrikaanse Rand wat tans onder groot druk verkeer. Volgens ekonome sal die Rand nog verder verswak en motoriste kan nog verdere prysstygings te wagte wees.