Pasiënt skrik vir dooies


In die Nasionale Hospitaal van Bloemfontein het ’n pasiënt hom boeglam geskrik toe hy in die badkamer op lyke afgekom het wat blykbaar daar gestoor word.

Skynbaar word die lyke sommer in dieselfde badkamer gewas waar pasiënte moet was.

Die pasiënt se vrou het hom bygestaan om te gaan stort omdat hy ’n ernstige hartkwaal het. Sy het haar handsak op ’n trollie neer gesit wat in die badkamer staan, maar besef toe heel gou dat die plastieksak ’n venstertjie het en dat daar ’n lyk in die sak is.

“Daar is ’n man in! Ons was in ’n badkamer, mens verwag nie so iets daar nie”, het mev. Bell later vertel.

Toe mev. Bell haar omdraai, was verpleeg personeel al weer besig om ’n volgende lyk in ’n sak te sit en langs die eerste een te laat.

’n Paar dae later, na hulle die voorval aangemeld het, is Bell en ’n bestuurslid van die hospitaal toegang tot die vertrek geweier. Geen inligting kon bekom word oor hoe lank die lyke daar geberg is nie.

Kenners meen dat die toestand ernstige gesondheidsrisiko’s inhou en dat dit mense sal afskrik om in dié hospitaal opgeneem te word.