Parlement nou ANC-aftree oord


Cassel Mathale, die afgedankte premier van Noord-Transvaal gaan eersdaags in die parlement se sagte stoele sit.

Dié optrede van die ANC is skerp gekritiseer deur opposisie partye en die uitlating is gemaak dat die parlement nie ’n aftree oord var ANC lede is nie.

’n Opposisieparty het so vêr gegaan om vir die ANC te sê die parlement word nou deur die regerende party gebruik as ’n stortingsterrein vir sy swakste politici.

Volgens Mantashe word Mathale na die parlement ontplooi om hom (Mathale) ’n kans te gee om asem te skep.

’n Ander lid het gesê dat Suid-Afrikaners van LP’s verwag om hardwerkend en eerlik te wees, en dit is vereistes waaraan Mathale beslis nie voldoen nie.

Mathale was verantwoordelik vir verskeie ernstige probleme in Noord-Transvaal toe hy premier was. Sy eerste probleem was toe vyf departemente onder administrasie geplaas moes word, en kort daarna het die provinsie ’n hulppakket van R700 miljoen van die nasionale tesourie gevra en daarna is sy mag hom ontneem om tenders toe te ken.
Daarna het die skole se handboek skandaal bekend geword.
Foto- Cassel Mathale