Oupa wen perde uithourit


Fauresmith. – Die uithou ren se swaargewig-afdeling is deur mnr. Johann Niewoudt (66) van Doringhoek, Schweizer-Reneke in Wes-Transvaal gewen met sy perd, Vonk. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat hy en Vonk die prestasie behaal.

Johann het weer soos verlede jaar, die 200 km in minder as 9 uur afgelê.
Diana Hoffman van Groblersdal in Noord-Transvaal was oorstelp van blydskap toe sy die liggewig-afdeling verower het. Sy sê haar getroue dier het die derdel dag van die uithourit nuwe energie gekry.
In die standaard- en junior afdelings was Sarel Venter van Sannieshof in Wes-Transvaal en die jeugdige Shanon Parker van Pretoria onderskeidelik die wenners.