Oupa Don Steenkamp in hospitaal


Die Steenkamp-familie is swaar getref toe mnr. Don Steenkamp Snr. (86), die oupa van die enigste oorlewende in die Steenkamp-gesin van Griekwastad, in die hospitaal opgeneem is na ’n derde beroerte aanval.

Ouma Bettie (86), hul dogters, Elbeth Vermaak en Marianna Smith, asook die kleinkinders Doné Vermaak en Don Steenkamp was almal by die hospitaal om ondersteuning te gee aan mnr. Don Steenkamp Snr..

Deon, Christel en hul dogter Marthella Steenkamp is verlede jaar by Griekwastad op hulle plaas doodgeskiet. Don Steenkamp jnr. is die enigste oorlewende van die treurspel waartydens die gesin op 6 April 2012 uitgewis is.

Oupa Steenkamp is in ’n ernstige toestand in die hoé sorg afdeling van die Mediclinic is Kimberley opgeneem. Mnr. Steenkamp het gesê hy en sy vrou se gesondheid het sedert die moorde op Goeie Vrydag agteruitgegaan. Hy het al twee beroertes sedert die moorde gehad en sy vrou Bettie het onder meer ’n sluk-probleem weens die spanning.
Foto- Kleinseun Don