Orania boer vorentoe


In tipiese en egte Karoo-styl word daar eersdaags begin met die oprigting van ’n winkelsentrum waar onder meer ook ’n fliek teater sal wees.

In daardie teater sal Afrikaanse flieks van toeka tot nou vertoon wor, asook Europese kunsrolprente.

Bouwerk gaan waarskynlik reeds in Desember begin en die bedoeling is om die sentrum net ná die skoolvakansie in April 2014 te open.

Die sentrum sal gedoop word Die Ou Karooplaas, getooi in egte Karoo-boustyl. Die sentrum sal opgerig word by die ingang na die dorp aan die Vanderkloof kant.

Ontwikkelaar Quentin Diedericks, sê hy het dorpe soos Loxton en Victoria-Wes besoek en daar gaan rpndkyk ten einde inspirasie te vind vir die ontwerp.