Operasie Spinnekop-redding


Met die bou van nuwe paaie in die Ellisras omgewing waar die Medupi-kragsentrale gebou word, moes sowat 550 spinnekoppe in ’n spesiale reddingsaksie verskuif word van woonplek.

Die spinnekoppe sou almal dood wees as hulle nie van woonplek kon verander nie.

’n Mynhuis het onderneem om die klomp spinnekoppe, waarvan byna 400 bobbejaanspinnekoppe is, en sowat 180 ander spesies, te laat “verhuis” na veiliger gebiede.

Mnr. Koos Smit, senior omgewingsdeskundige van Exxaro, sê die mynhuis het dié spinnekoppe hervestig toe nuwe paaie in die omgewing gebou moes word.

’n Aantal spinnekoppe is egter in aanhouding dood voordat hulle hervestig kon word.

Die meeste is na Exxaro se Manketti-natuurreservaat buite Ellisrras hervestig.

Volgens Smit is dit ’n eerste suksesvolle hervestiging van die spinnekop-spesies in Suider-Afrika waar bobbejaanspinnekoppe, ’n deel van die spesies word reeds as bedreig beskou, met sukses hervestig is.