Oorbevolking van die wereld?


Wetenskaplikes beweer dat meer as nege miljard mense die aarde sal bewoon in die jaar 2050.
Berekenings wat gemaak is dui daarop dat die bevolkingsontploffing ook gesondheidsdienste en voedselsekerheid negatief sal beïnvloed.

Navorsers van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNPF) het die inligting in ’n verklaring bekend gemaak tydens ’n byeenkoms van Wêreldbevolkingsdag.

Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moon, sê dit is ’n uitdaging vir die planeet om die sewe miljard mense wat die aarde bewoon, te huisves, te voed en te ontwikkel. Nog twee miljard mense daarby sal dit ’n onmoontlike uitdaging maak.

Kenners meen egter dat ander faktore inspeel wat die “ontploffing” sal verhoed. Voedsel skaarste, natuurrampe weens aardverwarming, oorloë en nuwe siektes sal in die komende dekades die bevolkingsaanwas beperk, word gesê.