Onluste in Amerika.


Polisie in Los Angeles en Oakland het sporadies met agressiewe protesteerdes gebots na ‘n hofuitspraak waarin die beskuldigde, onskuldig bevind is aan moord op ‘n swart jeugdige.

Die hofsaak waarin ‘n gekleurde man, George Zimmerman – sy pa is blank en sy ma Peruviaans – van moord op Trayvon Martin (17) aangekla was, het die Amerikaners in twee kampe gepolariseer. Die swartes beweer dat Zimmerman vir Martin geskiet het omdat hy swart was.

Die jurie het Zimmerman op alle aanklagte onskuldig bevind. Die swartes, aangehits deur ‘n swart prediker Al Sharpton, weier egter om die beslissing te aanvaar en eis Zimmerman se “kop.”

Die ironie is dat in die 531 dae wat verloop het sedert Martin geskiet is, tot by die uitspraak, is 11,106 swartes deur mede-swartes in Amerika vermoor.