Onderwys departement se kondisionering


Die Departement van Onderwys en “Lead SA” het glo in ’n gesamentlike aksie, nou ’n beroep op alle skole regoor die hele land gedoen om 08:00 die oggend van 18 Julie vir Mandela te sing en ook te bid op sy verjaardag.
Angie Motshekga, die Minister het gesê die verandering wat ons vandag geniet, is danksy die werk van ikone soos Mandela.
Waarnemers het aan Die Vryburger gese dit is duidelik dat derduisende onskuldige skoolkinders gebreinspoel word om ’n voormalige terroris op te hemel tot iets wat hy nooit is of sal wees nie.