Ondersoek na nog ‘n Minister


Die Openbare Dienskommissie gaan Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landou, Bosbou en Visserye, se omstrede aanstelling van ‘n senior bestuurder ondersoek.

Greta Apelgren-Narkedien is in Desember as Adjunk-Direkteur-Generaal van Visserye aangestel sonder dat die pos geadverteer is en sonder dat sy vir ‘n onderhoud gegaan het.

Joemat-Pettersson sê die aanstelling was wettig.

Intussen het Apelgren-Narkedien bedank nadat sy as Hoof van die Departement van Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal aangestel is.