Obama se besoek belig ook Blanke Volksmoord.


Die wêreldpers wat in Suid-Afrika saamgedrom is vir o.a. die besoek van die Amerikaanse President, Barack Obama, veroorsaak ook dat daar teen wil en dank kennis geneem word van die volksmoord en slagting van Blanke boere.

In ‘n lang berig in ‘n Londense koerant word volledig berig oor die terroriste-aanval en moord op Roelof du Plessis.

Roelof (46) is verlede week in ‘n wreedaardige aanval in die middernagtelike ure van sy goed-beveiligde eiendom vermoor. Vyf swart terroriste het eers hulle negentienjaar oue seun met ‘n pistool teen die kop aangehou en daarna die pa en seun beveel om op die grond te lê.

Die berig meld dat die terroriste nie vir geld of die sleutels van die luukse motors gevra het nie. Hulle enigste doel was om te terroriseer en dood te maak.

Hulle seun het in die harwar, toe sy vrou Laura se flitslig hulle verblind het, ontsnap waarop hulle ses skote op Roelof afgevuur het wat hom in die keel, longe en maag gewond het. Roelof het in haar arms gesterf.

Met die Londense verslaggewer se besoek aan die huis, was Roelof se bloed nog gekoek onder haar naels. Hy meld ook dat daar die volgende dag vasgestel is dat die terroriste drade afgeknip het om die eiendom binne te kom en die gebiede waar daar sekuriteitspatrollies was vermy het wat daarop dui dat die aanval vooraf goed beplan was.

Die berig meld ook dat ” ‘Genocide Watch – ‘n gerespekteerde Amerikaanse organisasie wat geweld oor die wêreld moniteer bepaal het dat die moorde op Afrikaner boere en ander blankes deur rassistiese kommuniste georganiseer word alle blankes uit die land weg te dryf, die plase en myne te nasionaliseer om sodoende die gruwels van ‘n kommunistiese staat tot stand te bring.’ ”