Nuwe tegnologie om stadiger te ry


Craig Seaman het ’n nuwe moontlikheid ontwerp om motoriste te help om stadiger te ry.
Dié nuwe ontwikkeling is deur Seaman ten toon gestel by die Nasionale Vervoer konferensie in Pretoria.
’n Elektroniese bord, met sensors, wat die motoris se spoed bepaal en dit dan elektronies aandui, is deur dié ingenieur vir Suid-Afrika se omstandighede aangepas.
Seaman sê dit is bekend dat spoedkameras nie regtig help om motoriste se spoed te verlaag nie.
“Baie mense ry dalk stadiger as hulle weet daar is ’n kamera, maar versnel weer daarna. In sekere gebiede is dit gevaarlik, soos by skole en ander landelike gebiede waar mense oor paaie moet beweeg’, het hy gesê.
Die nuwe elektroniese bord vermaan die motoris.
Waarnemers meen egter dat die bord van waarde kan wees vir mense wat gedissiplineerd is, iets wat miskien in Suid-Afrika ontbreek