Nuwe planne om landbou te help


Die omstrede Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, het glo besluit om kragte saam te snoer met georganiseerde landbou om die hoë produksiekoste vir kommersiële boere te verlig.

Joemat-Pettersson het bevestig dat planne gemaak word vir ’n “drukgroep” om stygende uitgawes soos brandstof, arbeid en elektrisiteits koste aan te spreek.

TLU SA, AgriSA, Nafu en Afasa, is glo almal by die nuwe “drukgroep” betrek.

Hulle sal waarskynlik met ANC-leiers vergader om groter begrip vir landbou se enorme uitdagings te vestig en daardeur regeringsbeleid te laat aanpas.

Volgens die Minister kry die kommersiële landbousektor algaande ’n meer reënboogkleurige gesig.

Waarnemers meen egter dat die moontlikheid bestaan dat die Minister hierdie nuwe rigting inslaan omdat die swart boere nie die mas opkom met die geweldige inset koste waarmee kommersiële boere te kampe het nie.
Foto – Landbou Minister