Nuwe hospitaal in Mitchells Plain


Die eerste paar pasiënte is in ’n nuwe Mitchells Plain hospitaal opgeneem. Met die reuk van verf nog in die neus, is die eerste pasiënte opgeneem.

Daar is net een ingang na die hospitaal en dit word streng bewaak. Inheemse plante en banke waarop besoekers en pasiënte kan sit, is aangebring.

Die sale is almal verskillende kleure gemerk om dit maklik uit te ken aangesien baie pasiënte nie kan lees of skryf nie.

Die amptelike opening is op 12 November. Die hospitaal sal teen Maart aanstaande jaar ’n kapasiteit van 260 beddens hê.

Waarnemers meen dat die hospitaal, met sy moderne voorkoms, ’n aansienlike verligting op ander hospitale in die Wes-Kaap sal meebring. Die moontlikheid is egter nie uitgesluit dat die hospitale in tradisioneel blanke gebiede afgeskeep gaan word soos wat die geval is met die eertydse spog-hospitaal, die H. F. Verwoerd in Pretoria.

Die nuwe inrigting word opgerig teen ’n koste van sowat R500 miljoen