Nuusflitse


• Minstens 77 mense is dood en 143 beseer nadat ‘n trein in die Galicië-provinsie in die noordweste van Spanje ontspoor het.
• Minstens 37 mense is dood toe ‘n bus vol Italiaanse burgers in ‘n ravyn afgestort het nadat dit teen verskeie stadig bewegende motors op ‘n hoofweg in die suide van Italië gebots het.
• Drie mans wat vermoedelik lede is van ’n koperdiefstal sindikaat is in Soweto in hegtenis geneem weens die besit van koperkabel ter waarde van sowat R500 000.
• Richard Baloyi, voormalige minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het as LP bedank kort ná sy afdanking, het die parlement gister gesê.
• Die hekke na die ingang van die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Doornfontein-kampus waar Julius Malema studente sou toespreek, was gesluit vir lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) omdat hulle glo nie toestemming vir die byeenkoms gehad het nie.
• Die bekende pianis, komponis en sanger Fanie Fouché (39) is in die Life Cosmos-hospitaal in Witbank oorlede aan longontsteking. Hy was jare lank betrokke by Laurika Rauch as begeleier.
• President Jacob Zuma sê diegene wat dink hulle kan die ANC as regerende party ontsetel, is besig om te droom.
• Drie mans is in hegtenis geneem in die Oos-Kaap nadat perlemoen met ‘n geraamde straatwaarde van sowat R33 miljoen in hul besit gevind is.
• Die 7de Laan-akteur Deon Coetzee, wat die rol van ¬Herman Croukamp in die reeks vertolk, is die afgelope week so erg aangerand dat hy aan geheueverlies ly.
• Juwele ter waarde van R520 miljoen is gesteel toe ‘n gewapende man ‘n juweel-uitstalling in Cannes in die Franse Riviera beroof het.
• Nagenoeg 200 motorfietsryers het verlede Saterdag die koue en reën getrotseer om te protesteer teen die regering se N1-N2-Wynland-tolprojek.
• ‘n 68-jarige man is teen 201 km/h met sy Mercedes op die N1 naby die Rivonia-afrit in Johannesburg vasgetrek.
• n Raadslid in Oos-Londen is aangekla van diefstal nadat hy na bewering munisipale poste verkoop het. ‘n Werksoeker kan vir tussen R500 en R1 500 aangestel word en werk as skoonmaker, gras snyer, administrasie klerk of bode. Honderde aansoekers se CV is onder sy bed gevind maar die raadslid sê alles is onwaar, hy is die slagoffer van ’n smeerveldtog.
• Charlize Theron, die Suid-Afrikaans gebore aktrise, het pres. Jacob Zuma in haar hoedanigheid as ’n VN-ambassadeur vir vrede by die Uniegebou ontmoet en ook oor vordering met die MIV veldtog gesprek gevoer. Sy het ’n opskudding veroorsaak toe sy ’n swart kleuter aangeneem het.
• ‘n Polisiebeampte is gewond nadat drie mans hom van sy dienspistool beroof en sy motor gekaap het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
• Vier onwettige mynwerkers is dood en 11 gewond tydens ‘n geveg in ‘n mynskag in Brakpan, het die nooddienste gesê.
• Verkeersboetes kan moontlik verdubbel word in ’n poging om die verlamde Aarto-stelsel te red. Dit is een van die oplossings wat voorgestel word om die chaos met dié stelsel te beredder.
• Gwede Mantashe het pres. Robert Mugabe se Zanu-PF daarvan beskuldig dat hy die ANC deur middel van Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) probeer destabiliseer.
• ‘n Lid van die weermag is een van vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die moord op die Johannesburgse polisiehoof maj. genl. Tirhani Maswanganyi beplan het, het die Pretoria-Noord-distrikhof Dinsdag gehoor.
• ‘n Antieke viool van sowat £1,2 miljoen (sowat R17 miljoen) wat drie jaar gelede in Londen gesteel is, is teruggevind, het die polisie in Brittanje gesê.