Nuusflitse


• Die verkeerde gebruik van koeëlvaste baadjies tydens die Slag van Bangui in die Sentraal-Afrika Republiek in Maart vanjaar, is waarskynlik die rede hoekom 15 soldate doodgeskiet is,
• Twee vrygelate Spaanse nood-werkers, wat in 2011 deur Somaliese rebelle by ‘n vlugtelingkamp in Kenia gyselaar geneem is, is op pad huis toe.
• Die wapenvervaardiger Denel het bevestig dat die laaste nege van sy werknemers vrygelaat is wat twee maande gelede in Senegal ontvoer en daarna na Guinee-Bissau geneem is.
• Twee swartmans is in hegtenis geneem nadat hulle biltong van R1000 by ‘n slaghuis in Petrusburg gesteel het,
• Nkosiphendule Kolisile, LUR vir ekonomiese ontwikkeling in Sentraal-Transvaal is in ’n motorongeluk dood.
• ‘n Polisiekaptein is in Worcester in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n 46-jarige vrou in ‘n polisievoertuig verkrag het.
• Skuddings is vroeër in Nieu-Seeland se hoofstad gevoel toe ‘n aardbewing wat 6,9 gemeet het, die land vir die soveelste keer getref het.
• Prins William en sy vrou, Catherine, se babaseun is Maandagmiddag gebore.
• Die Wes-Kaapse polisie sê ‘n polisiebeampte is doodgeskiet terwyl hy en ‘n ander beampte Nyanga, Kaapstad, gepatrolleer het.
• Hansie Cronjé is die enigste krieketspeler wat as beskuldigde ingesluit is in ’n klagstaat oor die wedstrydknoeiery van 2000 wat die Delhi-polisie gister by die hof ingedien het.
• ‘n Motorfietsryer is dood nadat sy motor teen ‘n bakkie in Randfontein gebots het, is deur paramedici bekend gemaak.
• Die uitvoerende hoof van Switserland se vernaamste telekommunikasiegroep, Swisscom, is dood gevind ná ‘n oënskynlike selfmoord. Die polisie ondersoek die geval.
• Die uitvoer van Suid-Afrika se wyn in grootmaat het in die jaar tot einde Junie met 60% gestyg vanweë die swak wingerd oeste in die die meeste lande in Europa.
Ig Muller van Clubview in Verwoerdburg was uit die veld geslaan toe hy ’n rekening van R222miljoen van die Pretoria munisipaliteit ontvang het