Nuusflitse


• Die soektog na ’n nuwe ouditeur-generaal het begin met die aanstelling van ’n ad hoc-komitee. Die kontrak van die huidige OG, Terence Nombembe, verval in November. Die pos moet teen einde September gevul word.
• Oudpres. Thabo Mbeki, Trevor Manuel en ander hoëprofiel-lede van die ANC mag dalk net ’n rooiwarm kruisondervraging verwag wanneer hulle voor die Seriti-kommissie verskyn. Dit is te sê as die kommissie deeglike werk gaan doen.
• . Pres. Jacob Zuma het die begrafnis van dr. Jean Swanson-Jacobs tot ’n “buitengewone amptelike begrafnis” verklaar. Dié voormalige adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling is verlede week ná ’n lang siekbed in ’n Kaapstadse hospitaal oorlede.
• Voor die veiling was hy ’n luitenant, maar daarna is hy tot generaal bevorder. Só het ’n afslaer van Vleissentraal geskerts ná die naweek se wildveiling in Noord-Transvaal waar Generaal Rommel, ’n goue wildebees, vir ’n rekord bedrag van R1,825 miljoen verkoop is.
• Dr. Penny Güldenpfennig (85), wat deur baie beskou is as die vader van neurologie in Pretoria, is Sondag ná ’n lang stryd teen kanker oorlede. Dr. Penny, soos wat al sy vriende en kollegas hom geken het, het ten spyte van sy siekte tot onlangs steeds gewerk.
• ‘n Man van Texas wat gewapen was met ‘n pistool en twee messe is Dinsdag by ‘n park oorkant die Withuis in hegtenis geneem, het beamptes gesê.
• Meer as 20 kinders het gesterf en nog ander is siek nadat hulle gratis maaltye by ‘n skool in oostelike Indië geëet het.
• Owerhede op die Franse eiland Réunion in die Indiese Oseaan het Dinsdag gesê ‘n tienermeisie is in ‘n haai-aanval dood terwyl sy naby die kus gesnorkel het.
• ‘n Chinese vrou is doodgeskok toe sy ‘n oproep met haar iPhone gemaak het terwyl die battery besig was om te laai.
• Julius Malema oorweeg regstappe oor bewerings dat hy verantwoordelik is vir die jeugliga se geldprobleme.
• Die Kubaanse regering het erken dat sy vragskip wat in Panama in beslag geneem is, uitgediende wapens na Noord-Korea sou vervoer om gediens te word,
• n Man is dood toe ‘n agtienwielvragmotor hom op sy fiets in Birchweg in Benoni aan die Oos-Rand getref het.
• ‘n Boeing 777 van die Asiana- lugredery is Woensdag 17 ure in Los Angeles vertraag weens ‘n olie lekkasie – dit is nou die soveelste keer dat die redery probleme ondervind met hul vliegtuie.
• Johan Kotzé is twee keer lewenslank tronk toe gestuur vir verkragting van Ina Bonnette en die moord op haar seun, Conrad.