Nog steeds Apartheid in SA


Apartheid is glo nog steeds in Suid-Afrika volgens die ANC se Adjunk president Cyril Ramaphosa.

Hy het tydens sy verkiesingsveldtog in Pietersburg, Noord-Transvaal gesê dat Apartheid se skaduwee steeds daar is alhoewel dit word al hoe kleiner word.

Hy het in sy toespraak gesê die spreekwoordelike glas is half vol in Suid-Afrika en nie half leeg nie.

“Ons het nog ’n lang pad om te gaan, maar oor die algemeenl is dit wonderlik om in Suid-Afrika te bly en daar sal ’n dag kom dat die onderwys in die land soos ’n goed geoliede masjien werk.

Die vergadering is deur ’n paar honderd jong ANC-aanhangers bygewoon, waarvan daar enkele sakelui, dokters en ’n paar opkomende boere teenwoordig was.
Foto – Cyril Ramaphosa