Net Baas Zuma mag praat


‘n Regeringswoordvoerder oor die Zimbabwiese verkiesing, Lindiwe Zulu, is verbied om kommentaar oor die kwessie te lewer.

Zulu was tot Sondagaand die woordvoerder oor die komende verkiesing in Zimbabwe. (Sien ook die berig in gister se Die Vryburger oor “Verdoemende getuienis teen Mugabe”)

Zuma het nou aangekondig dat hy die enigste persoon is wat namens die SAOG-streek oor die fasilitering van die Zimbabwiese verkiesing kan praat.

Hoewel die presidensie dit gister ontken het dat pres. Mugabe se beswaar teen Zulu iets met pres. Jacob Zuma se optrede te make het, is dit ‘n vreemde toeval van omstandighede.