Nederlanders moet skoert


’n Nederlandse egpaar wat reeds jare in die land woonagtig is, en ’n eie onderneming gevestig het, kry nie burgerskap nie en hul verblyfreg is nie hernu nie

Die egpaar het gehoop hulle kan in Suid-Afrika aanbly as hulle twee swart kinders aanneem. Etlike briewe is aan die Minister van Binnelandse Sake geskryf, sonder enige positiewe gevolg.

Die aanneming is deurgevoer, maar die poging het nie hulle verblyfreg verseker nie en dit verval eersdaags, wat meebring dat hulle die land moet verlaat.
Foto – Nederlandse vlag