Nasionale Vervolgingsgesag laat boewe vry


Die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) is verantwoordelik daarvoor dat twee gevaarlike rowers vrygelaat word.

Twee rowers wat blykbaar deel was van ‘n groep boewe is “per ongeluk” deur die toedoen van die NVG vrygelaat as gevolg van ’n sogenaamde kommunikasiefout in die NVG se kantoor.

Volgens die koerant het ‘n aanklaer ‘n instruksie van ‘n hoofstaatsaanklaer verkeerd verstaan wat daartoe gelei het dat die twee rowers vrygelaat is.

Solly Mahlahlo en Morekgomo Stanley Phaahla is nou vrygelaat en kan net deur middel van dagvaardings aangekeer word aangesien hulle nie ontsnap het nie, maar wel vrygelaat is.

Daar is drie getuies in die saak wat nou vir hulle lewens vrees. Fanie Venter, Tiaan Strydom en Jeandre Visagie sê glo hulle vrees vir wraak optrede teen hulle omdat hulle die twee rowers positief geïdentifiseer het in 2011.