‘n Deur-braak


Die Sweep is nou nie bekend as iemand wat dinge te kru vertel nie, maar ek het nou blokkies op my maag (en dit is nie met ’n “Artline” opgeteken nie) van al die peristaltiese bewegings wat die afgelope weke my liggaampie ruk. Ek is soos iemand wat met ‘n plas herwinde spek en eiers in ‘n kamer toegesluit is! Ek kan nie ontsnap wat ek sien en ruik nie en dis asof iemand my eie herwinningsfunksie met ‘n grassnyertoutjie probeer aan die gang kry. Dit mik en mik maar kom nie tot uiting nie.

Die onderwerp wat ek eintlik wil opbring, wat my so naar het is natuurlik die eindelose ophemeling van die voormalige topterroris van Afrika en hudige eersteklas, uitvoerstandaard groente, Nelson Mandela. Kon ons hom maar uitvoer! Die hele wêreld kotsentreer nou op die vervaldatum en vergeet natuurlik van alles wat hy was in sy “gloriedae” toe hy nog ryp was.

Ek verneem dat die staatskole selfs vir hom moes sing! Daarmee het ek nie so probleem nie, mits ek self die liedjie kan kies. Wat van “Siembamba, mamma se groente”, veral die dele oor die draai, die gooi en die trap… Nou raak ek egter die punt byster, die kinders kon nie die liedjie kies nie en hoewel meeste ouers hartlik saamsing vir hulle oupa Madiba is daar darem wel mammas wat op die skole afstorm soos ‘n 450kg sjokoladeverslaafde in die Spar op die arme outjie wat die laaste Bar One van die rak afhaal net toe Hulk om die draai gewaggel kom.

Die probleem is egter dat daar woede uitbreek oor die sing vir die groente, maar vir die hele jaar al word die kind in elke vak gebreinspoel met liberale propaganda. Hulle leer al jare in geskiedenis van die wonderdade van Mandela. Hulle breintjies is al skoner as die witste hemp op die OMMO OTTO advertensie. Die 5 minute wat jy voor skool vir Jannie vertel van die kerkstraatbom vergelyk nie met die ure van breinspoeling by die staatskool nie. Hulle druk selfs propaganda in wiskunde in: “As daar vier onskuldige kleuters by Sharpeville met suigstokkies by die kafee uitstap en die wit rassistiese Apartheidspolissie skiet drie van hulle sonder rede, hoeveel bly oor?”

Dit is waar dat mens meer as net gal wil braak met al die aandag deesdae op die groente, maar as jou kind nie self ook ‘n Valoid nodig het nie, is dit waarskynlik omdat hy nie in ‘n CVO skool is nie! Maar moenie tou opgooi nie, dis nooit te laat nie!

Tot volgende slag
Die Sweep