Mugabe se geheime


Robert Mugabe, die president van Zimbabwe, het nou blykbaar ’n beloning van sowat R3 miljoen uitgeloof
aan enige persoon wat die onthuller “Baba Jukwa” kan uitwys.

Die sogenaamde “Baba Jukwa” het in die afgelope aantal maande talle geheime staats-inligting rakende Mugabe en sy politieke party, Zanu-PF, op Facebook bekend gemaak.

Die fluitjieblaser het blykbaar meer as 250, 000 aanhangers en sy Facebookblad is al deur meer as ’n miljoen keer besoek.

Die feit dat Mugabe so ernstig is om die persoon in die hande te kry, word deur waarnemers beskou as ’n soortgelyke geval as wat Snowden met die VSA gedoen het.