Motorkaping gefnuik!


’n Inwoner van Doringkloof aan die Suide van Pretoria, die 70-jarige mnr. Johann Kruger het verlede Dinsdag die 16de Julie ’n nagmerrie ondervinding beleef.

Daar bestaan ’n reëling tussen hom en die bure dat hy elke dag hulle 3-jarige kleuter by ’n dagsorg-sentrum gaan haal en huistoe neem. By die huis gekom het hy voor die bure se hek gestop en die kleuter aan die bure oorhandig. Die volgende oomblik het mnr. Kruger bewus geword van ’n voertuig wat agter sy voertuig gestop het. Toe hy omdraai, hy was ongeveer vyf tree van sy voertuig af, het een van die insittendes, ’n swarte uit die voertuig gespring en na mnr. Kruger se voertuig gehardloop. Hy het die deur oopgeruk en in die voertuig ingespring. Mnr. Kruger het dadelik om hulp begin skreeu en het ook nader gehardloop en met die boosdoener agter die stuurwiel begin stoei.

Bure in die omgewing het op die hulproep gereageer en uit hulle huise gestorm. Op daardie stadium het mnr. Kruger die terroris al uit die voertuig op die grond gehad. Met die bure wat nader gestorm het, het die boosdoener losgeruk, na die ander voertuig gehardloop, ingespring en hulle het weggejaag.

Die Vryburger se boodskap aan volksgenote is, moenie elke dag ’n vaste roetine en reispatroon volg nie! Die moontlikheid is goed dat jy deur misdadigers dopgehou word.