Motor rubriek – Toyota Landcruiser


Die Toyota Landcruiser is vir etlike jare reeds ’n bekende gesig op ons paaie. In die begin jare was daar ooreenstemmende bouvorm van die Willys Overland sigbaar. Later jare het dit sy eie, bykans ruwe, vorm aangeneem. Dit is veral gewild onder die boerdery gemeenskap en in die die meeste dele van ons land is dit ’n bekende voertuig.

Die nuutste toevoeging tot die reeks is ’n dubbelkajuit voertuig wat dit nog meer gewild gaan maak. Dit is geskik vir vyf passasiers en die dravermoë verskil nie van die enkelkajuit model nie en is ’n handige 920 kg. Die sitplekke is hoog gemonteer wat verseker dat die uitsig na buite onbelemmer is.

Dieselfde 4,2-liter reguit sessilinder diesel enjin word gebruik. Die ander vervaardigers maak gebruik van turbo aangejaagde enjins, maar nie die Cruiser nie. Dit is ’n beproefde resep waarvan daar nie afgewyk word nie. Die kraglewering is ’n handige 96 [email protected] 3800 o.p.m. en die wringkrag is 285 [email protected] 2200 o.p.m. ’n Vyfspoed ratkas word gebruik en daarmee saam kan tweewiel of vierwiel aandrywing geskakel word. Brandstof verbruik is 17 liter/ 100km en met ’n brandstofhouer wat 130 liter brandstof kan neem is die reikafstand ongeveer 880 km.

Bogenoemde is die belangrikste kenmerk van die voertuig wat ingestel is op eenvoud. Wat dit ’n gewilde voertuig maak is dat dit oral in Afrika bekend is en onderdele is beskikbaar in selfs die kleinste gehuggie in Afrika.

Spiraalvere word in die voorste suspensie gebruik met ’n soliede agteras en bladvere. Alhoewel dit nie ’n voertuig is wat gebou is vir hoë snelhede nie, is daar min kritiek te lewer oor die padhouvermoë. Dit is egter in sy element wanneer dit vir veldrit toestande gebruik word.

Indien u in die mark is vir die tipe voertuig, kan u gerus u naaste Toyota handelaar besoek.