Miljoene Rand verspil by Hartswater


Dit blyk dat sowat R15 miljoen verspil is toe ’n nuwe stortingsterrein gebou is by Hartswater.

Die stortingsterrein is met groot seremonie geopen deur Edna Molewa, die Minister van Waterwese en Omgewingsake.

Na ’n jaar staan die perseel onbenut en word gras en onkruid die benutters van die terrein.
Die terrein is ingerig om vir 20 jaar van waarde te wees.

Mandla Ndzilili, woordvoerder van Departement Natuurbewaring en Omgewingsake, sê die vertraging in die gebruik is omdat daar nog nie herwinnings-geriewe ingerig is nie.

Foto – Hartswater stortingsterrein