Miljoene Rand met jeugfees vermors


Die ANC regering het weer toegelaat dat miljoene Rand aan belastinggeld vermors is tydens ’n “jeug geleentheid” van die Nasionale Jeugagentskap (Nyda).

Tans is daar ’n ondersoek aan die gang deur die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, na die sowat R100 miljoen wat Nyda in 2010 met ’n sogenaamde wêreld jeugfees verspil het.

Dié fees het intussen die bedenklike bynaam gekry van “fees van soene en ballonne”.

Collins Chabane, Minister in die Presidensie, het gesê die jeug toekenningsgeleentheid wat die pas afgelope naweek in Midrand gehou is, het meer as R6 miljoen gekos, en die advertensies daarvoor net meer as R4 miljoen.

Indien in aanmerking geneem word dat sowat 3,5 miljoen jongmense in die ouderdomsgroep 15 tot 34 werkloos is, dan is die Nyda projek ’n totale mislukking.
Berekening wat gemaak is, dui daarop dat slegs R80, 000 van die R20 miljoen begroting vir jeugprojekte werklik van waarde was.

Besteding was soos volg vir die fees:
• R1,3 miljoen vir die huur van perseel;
• R500, 000 vir kunstenaars;
• R250,000 vir baniere en vlae in die saal;
• R1,2 miljoen vir die benoemdes;
• R5, 000 om uitnodigings te rig;
• R15 000 vir die ontwerp van die program.

Yershin Pillay, Nyda se voorsitter, word glo vir kredietkaart-bedrog ondersoek, en word daar beweer hy R200, 000 aan die agentskap moet terugbetaal.
Foto – Yershin Pillay