Miljoene Rand in onwettige sigarette


Kaapstad: Byna een derde van sigaret verkope in die Wes-Kaap, is onwettig.

Navorsing het aan die lig gebring dat die handel in sigarette toenemend gedoen word deur sigarette te verkoop wat onwettig die land binne kom en derhalwe nie aan belastings onderwerp is nie.

Bykans 10 miljoen sigarette is in verskillende operasies van die polisie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Said) uitgesnuffel wat onwettig bemark sou word.

Van die sigarette wat op die wyse deur die polisie gekonfiskeer is, is Pacific en Chicago.

’n Aantal swart buitelanders is in hegtenis geneem. Een van hulle het ook sowat R130,000 en ’n hele klomp selfone in sy besit gehad.

’n Voertuig, wat waarskynlik gesteel is, is ook deel van die goedere waarop beslag gelê is. Die voertuig se waarde word op R110,000 geraam.

Die sigarette is hoofsaaklik in die Milnerton gebied gevind. Die straatwaarde van die sigarette word op sowat R5 miljoen bereken.

Woordvoerder meen dat dit maar die punt van die ysberg is. In Sentraal Transvaal is dit ook ’n ernstige probleem en die polisie sukkel om die sindikate aan die man te bring.