Militêre helikopter as taxi gebruik.


Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Minister van Verdediging, het ‘n militêre helikopter gebruik om glo ‘n ANC-vergadering in Potchefstroom by te woon.

As rede vir haar besoek aan Potchefstroom is aangevoer dat sy klagte-memorandum in ontvangs moes neem. Pres. Jacob Zuma het haar blykbaar gevra om dit te doen n.a.v die probleme en klagtes rondom die probleme met die ANC-burgemeester, Maphetle Maphetle.

Die ANCse verweer is dat sy dit in ‘n direkte opdrag van die President gedoen het. Waarnemers hou vol dat dit onregmatig was, want die besoek het niks met Regeringswerk te doene gehad nie en het slegs gegaan om ‘n geskil in ANC-geledere te probeer oplos.

Volgens die reëls vir Ministers wat in die ministeriële handboek uiteengesit is, is ‘n misbruik van staatshulpbronne ‘n oortreding. Lugvervoer wat deur die Lugmag verskaf word, of enige ander Regeringsdepartement, mag slegs vir amptelike pligte gebruik word en nie vir partypolitieke aangeleenthede nie.