Mesmaker van formaat


Mnr. Peter Steyn van Welkom in die Vrystaat is gewoonlik in sy element wanneer dit by die ontwerp en vervaardiging van messe kom .

Hy is nie verniet wêreldberoemd vir die puik produkte wat hy met passie vervaardig nie.

Die pragtige messe wat hy maak het al oral in die wereld ’n tuiste gevind.

Wat aanvanklik bedoel was om ’n soort stokperdjie te wees het hy in 2003 begin om messe te maak.

Hy gebruik van die beste staal beskikbaar en maak knipmesse en ook jagmesse.

Dié werkwinkel is geleidelik met beter werktuie toegerus en spog nou met gereedskap wat ander mesmakers groen van jaloesie sal maak.

Binne een jaar nadat hy begin het, het hy ’n derdeprys ontvang tydens ’n kompetisie van die Suid-Afrikaanse Mesmakersgilde.

In 2006 het ’n besondere eer hom te beurt geval toe die Suid-Afrikaanse Mesmakersgilde hom in 2006 as ’n stemgeregtigde lid aanvaar het.

Hy het ook verskeie toekenning ontvang in internasionale kompetisies.

Foto – ’n Peter Steyn knipmes