Medupi-oproer vlam weer op


Die oproer het weer ontvlam by Medupi-kragsentrale, naby Ellisras en die polisie is inderhaas ontplooi.

Polisie woordvoerder, Kol. Ronel Otto, sê ‘n dispuut het ontstaan tussen werknemers van Murray & Roberts en die bestuur.

Vyf van die maatskappy se voertuie is aan die brand gesteek en onherstelbaar beskadig. Vier skrapers is ook deur oproermakers aan die brand gesteek wat deur die vlamme verwoes is.

Talle voertuie is deur die werkers met klippe beskadig.

Twee werknemers is ook beseer en moes na ‘n hospitaal vir behandeling geneem word.
Foto- Medupi-aanleg