Marine le Pen vervolg oor rassisme.


Die leier van die Franse Nasionale Front, Jean-Marie le Pen, is gister meegedeel dat sy haar reg tot wetlike immuniteit as ‘n lid van Europese Parlement verloor het. Die stap kan haar bloot stel aan vervolging weens rassisme.

Die stap kom op die versoek van ‘n hof in Lyon drie jaar nadat sy daarvan beskuldig is dat sy rassehaat propageer toe sy Moslem straatgebede met die Duitse besetting van Frankryk vergelyk het.

Le Pen se anti-immigrant, anti EU-party is besig om aansienlike steun te verwerf ten koste van Prresident Francois Hollande se Sosialiste. In ‘n tussenverkiesing sowat ‘n maand gelede het die party se steun kop-aan-kop met die ander groot partye geloop.

Die voorspelling is gemaak dat die party ‘n sterk vertoning in die Mei 2014 Europese verkiesing sal lewer en na skatting 18% stemme sal trek. In 2009 het die party slegs 6.3 stemme getrek.

In ‘n meningsopname in Mei vanjaar het sy derde gekom; een posisie agter die voormalige President Nicolas Sarkozy en 24 punte voor Hollande.

Indien sy skuldig bevind word staar sy ‘n maksimum straf van ‘n jaar tronkstraf en ‘n boete van € 45,000 in die gesig.