Mandelagevegte kring weier uit.


Die Thembu-koning, Buyelekhaya Dalindyebo is ook nou in ‘n bekgeveg met Mandla Mandela, kleinseun van die voormalige president, Nelson Mandela, betrokke.

Te midde van berigte dat die Mandelagesin besig is om die uitsendingsregte van die oud-president se begrafnis aan CNN te “verkoop,” het die jong Mandela die koning daarvan beskuldig dat hy “deurmekaar” is.

Hy het daarop gesinspeel dat die koning dagga rook nadat die koning gesê het dat hy Mandla as hoofman van Mvezo gaan onthef.

Dalindyebo, ‘n nefie van die oud-staatshoof het gesê dat Mandla is nie die Mandelas se regmatige erfgenaam nie en hy sal hom as stamhoof onthef. Mandla beklee die pos reeds sedert 2007.

‘n Woedende Mandla het gesê dit sal nie sonder ‘n geveg gebeur nie.

‘n Broer van Dalinyebo en ‘n seniorlid van die Thembu-koningsgesin het gesê dat die koningsgesin wag net dat die Regering die dokumentasie verwerk waarin bevestig word dat die koning ontsetel is.