Mandela-familietwis op hoogtepunt.


Die twis in die Mandelafamilie het ‘n nuwe laagtepunt bereik toe die polisie die hekke van Mandla Mandela, kleinseun van die voormalige President, se woning met ‘n pik oopgebreek het.

Die rede vir die optrede is om uitvoering aan ‘n Hofbevel te gee dat die oorskot van 3 van Mandela se kleinkinders van Mandla se woonplek na Mandela se voorgenome begraafplaas op Qunu in die Transkei verskuif kan word.

In die Umtata-hooggeregshof is die ware toestand van Mandela se siektetoestand onthul. Sy oudste dogter, dr. Makaziwe Mandela, het onder eed verklaar dat hy aan asemhalingsmasjiene gekoppel is. “Sy toestand is lewensgevaarlik en die verwagting dat haar pa enige oomblik kan sterf is op substantiewe bewyse gegrond,” het sy gesê.